top of page

Ongeveer 1996 het Hennie Greyling vir my (Connie Park b5.c3.d5.e4.f13.g2.h5.i2) oom Lukie Schoonees (Hennie se stiefpa) se Zaaimangeslagsregister gegee. Hennie is die seun van Bertina Petronella (b5.c3.d5.e4.f13.g1.h11) wat na haar man oorlede is, met Lukas Schoonees (b5.c3.d5.e4.f13.g8.h1) getroud is. Hy was die seun van Adriana Salomina.

 

Hierdie navorsing het in 2005 verskyn in 'n boek, Die Nageslag van Hartbeesrivier Uniondale se Zaay(i)mans 1834 – 2005.

 

Hierdie boek bestaan uit die volgende ses hoofstukke:

 

  1. Hoofstuk 1 is 'n kort opsomming van die geskiedenis van die stamouers van die Hartbeesrivier, Uniondale se Zaaimans, Daniël en Pieternella Zaaijman.

  2. Hoofstuk 2 is die geslagsregister wat veral fokus op die nageslag van Stephanus Esaias (Fanie) Zaaiman en Adriana Salomina (Arjana) van Rooyen, wat op 24 Maart 1875 die eienaars van die plaas Hartbeesrivier, Uniondale geword het.

  3. Hoofstuk 3 bevat 'n indeks van die geslagsregister om naslaan van name te vergemaklik. 

  4. Hoofstuk 4 is hoofsaaklik geneem uit die oorspronklike boek van Lukas Schoonees: Die Geslagsregister van Uniondale se Zaaymans 1834-1971 wat in 1972 verskyn het.

  5. Hoofstuk 5 bevat bydraes (foto's, vertellings en interessante dokumente) van familielede oor die lief en leed van die vorige geslag, asook inligting oor huidige geslagte.

  6. Hoofstuk 6 is 'n lys met kontakbesonderhede van familielede.

bottom of page