top of page
Die korrekte volgorde van Daniël en Pieternella se kinders is belangrik, aangesien dit hierdie geslagsregister raak. Die Hartbeesrivier, Uniondale se Zaaymans is afstammelinge van Pieter, die oudste seun van Daniël en Pieternella Zaaijman. In die Geslagsregister van Hartbeesrivier, Uniondale se Zaaymans 1834-1971 word Pieter as hulle oudste kind aangedui. Volgens later navorsing was hy wel die oudste seun, maar die vyfde kind van die gesin.
 
Daniël en Pieternella se kinders is dus van die oudste tot die jongste:
  1. Catharina, * c. 1679
  2. Eva, * c. 1681
  3. Magdalena, * c. 1682
  4. Maria, * c. 1684
  5. Pieter, * 1686
  6. Daniel, * c. 1692
  7. Johannes, * 28.1.1704
  8. Christiaan, * 23.3.1708
 
[Op 30 Julie 2005 "leen" dr. Dan Sleigh aan my 'n dokument wat hy in November 1997 geskryf het; dit handel oor Pieternella se kinders. Die dokument bevat navorsing wat Dr. Sleigh gedoen het vir Dalene Matthee se boek, Pieternella van die Kaap.]
bottom of page